Die DA het gesê hulle ondersteun nie die wetsontwerp op gesondheidsversekering soos dit tans is nie. Die DA se Michele Clarke het gesê die wetsontwerp vernietig Suid-Afrika se gesondheidsversorging en is nie die wonderwerk wat die ANC sê dit is nie.
Die gesondheidsversekeringswetsontwerp (NGV) wil ontslae raak van mediese fondse en wil meeste gesondheidsdienste, insluitend medikasie en doktersbesoeke, verniet maak vir almal. Mediese planne sal ook nie meer dienste wat deur die wetsontwerp gedek word, kan betaal nie. Om die wetsontwerp te befonds, sal meer belasting op burgers se persoonlike inkomste gelê word en die “spaargeld” van die belasting op mediese fondse sal ook gebruik word.
Bronne: eNCA, The Pink Brain, Cape Town ETC
Lees ook: Moord op man lei glo tot aanranding van verdagtes, brandsteek van huis



