Moord op man lei glo tot aanranding van verdagtes, brandsteek van huis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: https://find-it.co.za/2023/06/13/man-wat-meisie-11-glo-doodskiet-vir-moord-ondersoek/

Die moord op Sibongiseni Sithole (19) het glo daartoe gelei dat die verdagtes se huis aan die brand gesteek is. Die twee verdagtes, 25 en 28, is deur die Delmas-polisie van ‘n woedende skare gered.

Sithole se oupa het die polisie meegedeel dat hy Sondag by die huis was toe ’n groep mense by sy huis opdaag en hom na sy kleinseun se liggaam neem. Die polisie en mediese dienste is gebel, maar die slagoffer is op die toneel oorlede verklaar. Hy het verskeie kop- en steekwonde aan sy bolyf gehad.

’n Paar ure later is die polisie weer ontbied om twee slagoffers te red wat deur ’n woedende skare aangeval word. Dit is bevind die twee is verdagtes vir Sithole se moord en hulle is in hegtenis geneem. Die polisie is weer ontbied toe een van die verdagtes se huis aan die brand gesteek is.

Daar was glo bloed by die huis se deur en vensters asook items wat verbind is aan tradisionele medisyne.

Die twee verdagtes sal binnekort in die Delmas-distrikshof verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: https://find-it.co.za/2023/06/13/man-wat-meisie-11-glo-doodskiet-vir-moord-ondersoek/