Man wat meisie (11) glo doodskiet, vir moord ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Meisie (11) doodgeskiet na beweerde dispuut tussen bure

Die verdagte wat ’n Britse meisie (11) na bewering in Frankryk doodgeskiet het, word vir moord ondersoek.

Solaine Thornton is Saterdagaand doodgeskiet toe sy en haar sussie (8) in hulle tuin op ’n swaai gespeel het terwyl hulle ouers gebraai het.

Dirk Raats (71), die gesin se buurman, het glo met ’n haelgeweer deur die heining op die ouers en Solaine geskiet na ’n dispuut tussen die bure oor werk wat die familie op hulle eiendom doen. Die sussie, Celeste, het gehardloop om hulp te kry en ly aan skok. Die ouers is beseer en steeds in die hospitaal.

Raats het homself in sy huis in Brittany toegesluit na die skietery, maar het homself later aan die polisie oorhandig. Sy vrou is ook in hegtenis geneem, maar is intussen vrygelaat.

Die dispuut is glo al vir jare al aan die gang met Raats wat geïrriteerd was met die familie wat om die plot tussen die huise skoongemaak en bouwerk gedoen het.

Bronne: BBC, The Star, The Guardian

Lees ook: Meisie (11) doodgeskiet na beweerde dispuut tussen bure