Die liggaam van ‘n onbekende swart vrou is Saterdag 10 Junie 2023 in bosse te Pienaarsrivier, langs die Maubane-afrit, in Limpopo ontdek.
Kol. Malesela Ledwaba sê polisielede op roetinepatrollie is deur lede van die gemeenskap gestop na hulle op die gedeeltelik verbrande liggaam afgekom het.
Die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie. Sy word as in haar 30’s beskryf met ‘n donker gelaat en kort hare. Sy was in ‘n rooi leerbaadjie, swart denimbroek en rooi stewels geklee.
‘n Moorddossier is geopen. Omstandighede van haar dood word ondersoek.
Indien enigiemand oor inligting beskik, kan daar met speur.sers. Morudu by 072 380 6470 of Stop Misdaad by 08600 10111 in kontak gekom word.
Alternatiewelik kan daar by die naaste polisiestasie aangemeld word of deur die MySAPS-toepassing.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



