Moeë ‘inbreker’ in bed betrap

Deel hierdie storie / Share this story

Melvino Engelbrecht (20) is op 27 Mei 2023 in ‘n bed in ‘n vreemde huis in Arumstraat, Noordhoek, Laaiplek, betrap.

Nadat hy vermoedelik die vorige nag by die huis ingebreek het, het hy met ‘n skok wakker geword en is in hegtenis geneem.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die Laaiplek-polisie ondersoek ‘n klag van huisbraak.

Die ondersoek duur voort.

Die moeë “inbreker” het Maandag 29 Mei 2023 op ‘n saak van huisbraak in die Laaiplek-hof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.