Australiese busdrywer op borg vry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Tien mense dood toe troubus omslaan

Die busdrywer van die bus met trougaste wat in Hunter Valley Australië omgeslaan het, is op borg vrygelaat. Tien mense is in die ongeluk oorlede en minstens 25 is beseer. Die bruid en bruidegom was nie op die bus nie.

Die polisie het gesê die busdrywer het te vinnig gery in mistige omstandighede, wat veroorsaak het dat die bus omgeslaan het toe hy probeer draai het.

Die busdrywer (58) is aangekla op aanklagtes van gevaarlike bestuur en nalatigheid na hy gister in hegtenis geneem is. Hy het vandag in die hof verskyn en is op borg vrygelaat.

Bronne: BBC, DW – South Africa, Reuters

Lees ook: Tien mense dood toe troubus omslaan