‘n Meisie (5) van die Mgababa-woonbuurt in die Oos-Kaap is glo Sondagmiddag 11 Junie 2023 verkrag. Twee verdagtes wat van die misdaad verdink word, is in hegtenis geneem.
Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê spoedige optrede deur gemeenskapslede het tot die twee se inhegtenisname gelei.
Die slagoffer en familie was by ‘n tradisionele seremonie, waarna sy omstreeks 15:00 deur haar ma gesoek is wat haar nie kon kry nie. Toe die kind ongeveer 15:40 haar opwagting maak, het sy glo nie wel gelyk nie.
Sy is uitgevra en daar is uitgevind dat sy na bewering in bosse by die Prudhoe-woonbuurt ingeneem en verkrag is.
Die voorval is by die polisie aangemeld.
Naidu sê twee verdagtes, onderskeidelik (21) en (38), is omstreeks 20:00 by hul huise in die Prudhoe-woonbuurt, vasgetrek.
GKS in Peddie ondersoek sake van verkragting, aanranding met die doel om ernstig te beseer en abduksie.
Die verdagtes sal na verwagting Woensdag 14 Junie 2023 in die Peddie-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



