Lees ook: Koue fronte word die week verwag
Tien gaste is oorlede en 25 beseer toe ‘n bus op pad terug van ‘n troue op ‘n wynlandgoed in Hunter Valley omgeslaan het.
Die pasasiers was Sondag op pad terug van ‘n troue in New South Wales, Australië, toe die bus omgeval het toe dit in digte mis by ‘n verkeersirkel wou draai.
Die busdrywer (58) is op 10 aanklagtes van gevaarlike bestuur wat tot die dood gelei het, aangekla.
Die polisie is nog besig om die oorledenes te identifiseer, maar die bruid en bruidegom was luidens berigte nie op die bus nie.
Bronne: BBC, DW – South Africa, ECR
Lees ook: Koue fronte word die week verwag



