Meisie (11) doodgeskiet na beweerde dispuut tussen bure

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vier kinders beseer in massa-mesaanval in Franse dorpie

‘n Meisie (11) van ‘n Britse familie is in Frankryk doodgeskiet terwyl sy in die tuin gespeel het na ‘n beweerde dispuut tussen die bure.

Die familie was Saterdagaand besig om te braai toe hulle buurman met ‘n haelgeweer op hulle begin skiet het. Die meisie is dood en haar ouers beseer. Die sussie (8) het na ‘n ander buurman se huis gehardloop om hulp te gaan ontbied.

Die verdagte (71) het homself later aan die polisie oorhandig en is saam sy vrou in hegtenis geneem. Die stryery tussen die bure het glo oor ‘n stuk grond tussen hulle eiendomme gegaan.

Bronne: BBC, The Standard, Sky News

Lees ook: Vier kinders beseer in massa-mesaanval in Franse dorpie