Lees ook: Koue fronte word die week verwag
Die polisie in Motetema, Mpumalanga, het ’n mannejag geloods na die moord op ’n bekende sakeman (43) en die poging tot moord op sy vriend.
Die sakeman, Aubrey Maponya, en sy vriend het Saterdag in ’n wit Toyota Hilux in Motetema gery toe verdagtes in ’n wit Mercedes Benz, wat hulle glo gevolg het, op hulle geskiet het.
Maponya is met aankoms by die hospitaal dood terwyl sy vriend na ’n ander hospitaal vir behandeling geneem is.
Die motief vir die aanval is onbekend, maar die polisie ondersoek ’n saak van moord en poging tot moord.
Bronne: SAPS
Lees ook: Koue fronte word die week verwag



