Lees ook: Man skiet homself in been na droom van huisbraak
President Cyril Ramaphosa het gesê hy glo die vredesending na Oekraïne en Rusland was suksesvol.
Ramaphosa was een van ses staatshoofde wat na Oekraïne en Rusland gereis het vir vergaderings met president Wladimir Poetin en president Wolodimir Zelenski. Hulle het Vrydag met Zelenski vergader in Kyiv en Saterdag met Poetin in St Petersburg.
Ramaphosa het gesê hy glo die vredesending was suksesvol deur die bereidwilligheid van die leiers van Afrika wat wil help om die vrede te bewaar en om te wys hoe die konflik almal raak.
Die leiers het gesê as die onderhandelinge aangaan, is daar hoop vir vrede tussen Oekraïne en Rusland.
Bronne: IOL, Irish Times, EWN
Lees meer artikels op FiND iT hier



