Lees ook: De Aar-koperdief kry 12 jaar tronkstraf
Die polisie het gister aangekondig dat hulle die oorsaak van Tina Joemat-Petersson se dood gaan ondersoek.
Die polisiewoordvoerder brig. Athlenda Mathe het gesê die ondersoek is begin na Joemat-Petersson se dood as “onnatuurlik” vasgestel is. Die polisie wag nog vir ‘n finale verslag van die departement van gesondheid oor die oorsaak van haar dood.
Joemat-Petersson is oorlede na daar twee weke gelede ‘n verslag was dat sy glo deel was van ‘n afpersing- en omkoperyskandaal.
Bronne: IOL, The Citizen, ECR, Jacaranda FM
Lees meer artikels op FiND iT hier.



