Nog inhegtenisnemings word verwag in Thabo Bester-ontsnappingsaak

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Thabong-reeksmoordenaar kry vier keer lewenslank

Nog drie mense sal na verwagting in hegtenis geneem word in verband met die ontsnapping van die vermeende moordenaar en verkragter Thabo Bester uit die Mangaung- korrektiewe sentrum.

Die staat het gister in die Bloemfontein-landdroshof gesê die polisie finaliseer selfoondata en bankstate. Agt mense is sover in hegtenis geneem vir Bester se ontsnapping in Mei 2022.

Die saak is uitgestel tot 8 Augustus.

Bronne: eNCA, SABC, The Citizen

Lees meer artikels op FiND iT hier.