Louis Liebenberg se antwoorde vir Derick se ma

Deel hierdie storie / Share this story

Die omstrede diamantdelwer, Louis Liebenberg, het Maandag Derick Hougaard se ma op sosiale media geantwoord.

Riana Hougaard het op ‘n onlangse artikel deur Die Waarheid, waar hulle beweer Derick se toestand is moontlik as gevolg van vergiftiging van ‘n oordosis medikasie, geantwoord.

Liebenberg het op die kommentaar vir Hougaard geantwoord.

Lees ook: KYK: Karlien se liedjie aan Derick

Derick is die afgelope 11 dae in die Steve Bioko-hospitaal onder sedasie nadat hy glo op Vrydag, 9 Junie, gaan slaap het en nie weer wakker geword het nie.

Sy vriendin, die sangeres Nádine, het Saterdagoggend ambulansdienste ontbied.

Liebenberg, wat homself as een van Derick se nabye vriende beskou, het sedert die nuus oor Derick bekend is, verskeie bewering en video’s op Facebook geplaas.

Volgens Liebenberg “wonder hy wat Nâdine probeer toesmeer”, omdat sy hom nie by Derick wil toelaat nie. Nádine het ook oor die naweek ‘n inskrywing op haar Facebook-blad gemaak en vir Liebenberg gevra om haar, Riana, Derick en sy familie se privaatheid te respekteer.

Nádine beweer sy word geteister en agtervolg sedert Derick in die hospitaal is.

Liebenberg het op sy Facebook-blad gesê hy het die aand van die voorval saam met Derick by ‘n restaurant geëet en Derick was “blakend gesond.”

Lees meer artikels op FiND iT hier.