Vermiste vrou se liggaam gekry, eks in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van die vermiste vrou van Gqeberha is gekry.

Desiree Baartman se liggaam is Dinsdagaand in ‘n stormwaterdrein gevind nadat sy ‘n week gelede vermis geraak het.

Lees ook: ‘Vanaand wil ek sommer net Derick se lewe vier’ -Nádine

Baartman het na bewering Vrydag, 9 Junie, kort na 10:00, haar huis verlaat en nie weer teruggekeer nie.

Sy is op 14 Junie as vermis aangemeld by die plaaslike polisiestasie.

Volgens ‘n verklaring deur die SAPS, is Johnny Baartman (59), Baartman se eks man, het Dinsdagmiddag op aanklag van moord en dwarsboming van die gereg in die hof verskyn. Hy is ‘n verdagte in haar verdwyning.

‘n Vuurwapen is op 16 Junie in die Baartmans se huis gevind en Johnny is dadelik vir ondervraging in hegtenis geneem.

Die paartjie het nog saam in ‘n huis gewoon.

‘n Lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van haar dood te bepaal.

Lees meer artikels op FiND iT hier.