‘Vanaand wil ek sommer net Derick se lewe vier’ -Nádine

Deel hierdie storie / Share this story

“Ou dirks was darem nog altyd lief daarvoor om my pette, brille en parfuum te gaps. Dan dink hy hy lyk vreeslik oulik en ruik die beste in Pretoria.” So skryf die sangeres, Nádine, in ‘n onlangse inskrywing op haar Facebook.

Derick Hougaard, haar vriend, is vir die afgelope 10 dae in die hospitaal nadat hy op 9 Junie glo gaan slaap het en nie weer wakker geword het nie.

“Vanaand vier ek sommer net sy lewe en humorsin.”

Nádine sê sy bly weg van “algemene sosiale media” en fokus al haar energie op geloof, gebed en genesing vir Derick.

“DANKIE vir elke gebed, julle ondersteuning en liefde! Dit is dag 9. Hy is nog nie wakker nie. Dokters monitor hom 24 uur p/dag. Sy ma en suster is ook hier.

Daar was nieteenstaande ‘n bitterlik siek Derick, ‘n baie baie klein vordering vandag! Maar ons is so dankbaar en ek Eer ons Vader daarvoor!

Ons BID, ons SPREEK LEWE, ons bly GLO!”