Derick se longe het glo platgeval

Deel hierdie storie / Share this story

Derick Hougaard se longe het glo platgeval. Dit volg nadat die gewese rugbyspeler al vir 10 dae onder sedasie is nadat hy op Vrydag 9 Junie gaan slaap het en nog nie weer wakker geword het nie.

Die sangeres en sy vriendin, Nádine, het die nuus vanoggend op haar Facebook-blad gedeeel.

Volgens Nádine het sy linkerlong al drie dae gelede platgeval en sy regterlong Dinsdag.

Lees ook: KYK: Louis Liebenberg wonder wat Nadine ‘probeer toesmeer’ Hougaard se ma sê haar sê

“Sy longspesialis het ‘n tweede bronchoskopie gedoen en Derick binne 3 dae twee keer omgedraai, wat sy longe aanhelp om in verskillende posisies asem te haal. Na gister se behandeling is dit vir die dokters moontlik om beter vas te stel watse bakterieë nog behandel moet word en met die infeksie telling wat laer is as enige vorige dag, weet hulle dat die antibiotika goed werk. Dit was ook ons goeie nuus 2 dae gelede. Hy is nie wakker nie en steeds swaar gesedeer, anders werk sy longe teen die ventilator,” sê die sangeres.

Nádine het ook sedert Derick op 10 Junie deur ambulansdienste hospitaal toe geneem is nadat hy die vorige aand gaan slaap het en nie weer wakker geword het nie, menige vrae gekry oor hoekom Derick in die Steve Biko-hospitaal is.

“Dit was die (ongelooflike) ambulanspersoneel wat dit voorgestel het toe ons dringend moes besluit waarheen, en ek vertrou hul insig in so situasie meer as my eie. Hulle het gesê dat hy direk in intensiewe sorgeenheid (ICU) moes ingaan en vir n onbepaalde tyd sou moes bly. Ek is DANKBAAR Derick is daar opgeneem want ek kan getuig dat die dokters en susters fantasties is in hierdie afdeling. Ek glo dat Derick die beste behandeling en sorg daar kry! Boonop is hy te krities om enigsins geskuif te word en daarom word daar geen scans tans gedoen nie, behalwe X-strale van sy longe. Hy is stabiel, maar sy longe is bitter siek, daarom bid ons konstant vir genesing, vir suurstof en minder koolstofdioksied in sy liggaam.

“Dankie dat julle aanhou glo, aanhou bid en vir al die liefde. Dit beteken ongelooflik baie,” skryf Nádine.

Lees meer artikels op FiND iT hier.