Riana Hougaard, ma van Derick Hougaard wat tans in die hospitaal is, het gereageer op ‘n artikel wat Sondag in Die Waarheid gepubliseer is.
Volgens Die Waarheid word daar bespiegel dat die rede vir Hougaard, wat op 9 Junie gaan slaap het en nie weer wakker geword het nie, se toestand “vergiftiging deur ‘n oordosis medikasie” is.
Riana Hougaard het in haar kommentaar op die inskrywing gevra die Here moet haar hande vashou dat sy nie goed sê wat sy nie moet nie en dat hulle nou op Derick fokus.
Lees Die Waarheid se artikel hier:
Intussen het die omstrede diamantdelwer, Louis Liebenberg, ‘n video op Facebook geplaas waar hy voor die Steve Biko-hospitaal staan.
Hy beweer hy was die laaste persoon wat Hougaard gesien het. Hulle het glo die aand voor die voorval by ‘n restaurant geëet en Hougaard was “blakend” gesond.
Liebenberg het intussen Hougaard se pa, Bontes, in die Boland gekontak vir toestemming om hom na ‘n privaat hospitaal te laat oorplaas. Hy het ook aangebied om hom en sy vrou, Riana, Gauteng toe te laat vlieg om naby Derick te wees. Bontes het gesê hulle sal wel nog opgaan.
FiND iT het Riana Hougaard vir kommentaar genader.



