Lees ook: Twee verdagtes in hegtenis na besigheidsroof
Die nasionale vervoerdepartement het Sondag bevestig die land se enigste lisensiedrukmasjien is reggemaak.
Die departement het gesê dit sal nou na die herstelwerk twee keer die gewone hoeveelheid kaarte kan druk.
Die departement het ook gesê hulle is van plan om die agterstallige 350 000 bestuurlisensiekaarte teen Augustus klaar te hê.
Die departement het ook gesê hulle werk daaraan om die proses te versnel en nog ‘n masjien te koop.
Bronne: IOL, SA People, EWN, My Broadband



