Lees ook: Vrou wat wakker word tydens begrafnis sterf
Die Maluti-polisie het ’n mannejag geloods ná die liggaam van ’n vrou Vrydag in die Masakala- administrasiegebied gevind is.
Haar liggaam is buite ’n verlate woning gevind. Dele van haar liggaam is vermis en van haar besittings is naby haar liggaam gevind.
Sy is geïdentifiseer as Nomajama Khetsiwe (41). Haar familie het gesê sy is Maandag laas by haar huis in Masakala gesien.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord. Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.
Bronne: SAPS



