Vrou wat wakker word tydens begrafnis sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou word wakker in kis tydens begrafnis

Die Ecuadoriaanse vrou wat tydens haar begrafnis wakker geword het en aan die binnekant van die kis geklop het om uitgelaat te word, is na ’n week in die hospitaal oorlede.

Bella Montoya (76) is op 9 Junie dood verklaar in ’n hospitaal in Babahoyo na sy ‘n hartstilstand en ’n beroerte gehad het.

Tydens haar begrafnis op dieselfde dag het haar familie gehoor hoe sy aan die kis klop en sy is dadelik teruggeneem na dieselfde hospitaal toe.

Montoya het vir sewe dae in die intensiewesorgeenheid gelê, maar is Vrydag oorlede van ’n iskemiese beroerte. ‘n Kommissie van kenners is aangestel om te bepaal hoe sy die eerste keer dood verklaar is.

Bronne: BBC, The Sun, The Mirror

Lees ook: Vrou word wakker in kis tydens begrafnis