Lees ook: Brics-beraad sal in Suid-Afrika gehou word – Ramaphosa
‘n Ecuadoriaanse vrou (76) het in haar kis wakker geword tydens haar begrafnis en het geklop om uitgelaat te word.
Die regering is besig om die hospitaal wat haar dood verklaar het, te ondersoek.
Bella Montoya is Vrydag in die hospitaal opgeneem na ‘n moontlike beroerte en hartstilstand. Die dokter wat aan diens was, het haar na ‘n paar uur dood verklaar en haar identiteitsdokument en doodsertifikaat aan haar seun oorhandig.
Sy is na die lykshuis geneem en die begrafnis was later dieselfde dag, toe haar familie skielik gehoor hoe sy klop. Sy is teruggeneem na die hospitaal en is suurstof toegedien.
Bronne: IOL, BBC, The Citizen, The Guardian
Lees ook: Brics-beraad sal in Suid-Afrika gehou word – Ramaphosa



