Reagan Fredericks (30) van Steenberg, wat Woensdag in die Keysersrivier in die omgewing van Steenberg-stasie en Miitary-weg in die Wes-Kaap vermis geraak het, se liggaam is volgens Cape Town Etc. gevind.
NSRI-Strandfontein het Sondag 18 Junie by die SAPD-duikeenheid en Kirstenhof-polisie se voortgaande soektog na Fredericks aangesluit. ‘n Uitgebreide soektog was langs die KeyserrRivier, in die rigting van Zandvlei en omliggende vleiland aan die gang.
Verskeie Wes-Kaapse rolspelers in ‘n NSRI-reddingstuig, kano, hommeltuig en te voet was deel van die soektog. Die NSRI, asook nooddienste is op bystand geplaas.
Die publiek en rolspelers is deur die NSRI is vir hul hulp met die soektog geprys.
Fredericks se liggaam na vier dae se soektog gisteraand gevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



