Die jong Adriaan Louw (21) is Saterdag in ‘n ongeluk oorlede.
Die ongeluk het na berig word op die Hopefield-pad plaasgevind.
Hoërskool Piketberg, waar Louw in 2020 gematrikuleer het, het sy medelye uitgespreek na sy dood bekend geword het.
“Mag die Almagtige Heer Adriaan Louw (matriek 2020) se geliefdes en gesin Sy genade en liefde skenk in hierdie hartseer en moeilike tyd. PHS betuig ons meegevoel.”
‘n Familielid het op Facebook geskryf dat Louw op 7 Junie sy 21ste verjaardag gevier het, en dat hy op 16 sy vlerke gekry het.



