Lis-Marie Vickie Fourie (15) is sedert 7 April 2023 om 07:30 vermis nadat sy die laaste keer by haar ouerhuis in Dewetsdorp gesien is.
Sy was in ‘n pienk bostuk en swart kortbroek geklee.
Fourie het blou oë en rooi hare en is ongeveer 1,5 m lank en weeg ongeveer 65 kg.
Sy bevind haar vermoedelik in KwaZulu-Natal.
Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan met Missing in SA kontak gemaak word by:
Wendy – 072 649 7683
Louise – 083 285 5994
Matt – 081 010 3888
Grayham – 076 712 7062
Connie – 072 911 6124
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



