Mpho, soos wat die weesrenosterkalfie genoem word, het ses dae gelede op 12 Junie 2023 haar opwagting by The Rhino Orphanage gemaak.
The Rhino Orphanage, volgens hul Facebook-blad, is die enigste in hul soort in die wêreld en gepas in Suid-Afrika geleë.
Mpho was ‘n paar dae oud geskat toe sy op ‘n privaat wildsreservaat opgemerk is.
Daar is nie veel inligting van haar ma bekend nie, alhoewel daar na haar gesoek word. Toe daar egter opgemerk is die kalf is gedehidreer, is hulp onmiddellik ingeroep en is sy op ‘n drup gesit.
Sy het volgens die “weeshuis” se plasing op die 13de Junie omstreeks 04:00 wakker geword en haar eerste bottels met biesmelk en elektroliete gedrink, maar sy was as gevolg van dehidrasie steeds aan die drup gekoppel.
“We can’t even begin to explain how little she is. Her feet are still soft and her umbilical cord still attached. The Team will slowly introduce the milk replacer into her diet over the next few hours.”
Op 14 Junie het die babakalf haar naam “Mpho” gekry wat “Gift” in Setswana beteken.
Mpho se ma is nog nie opgespoor nie, maar die baba wat op aandag, liefde en formulemelk floreer, het intussen begin speel en sou volgens Facebook-plasings gister vir die eerste keer buite begin speel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



