Elton Jantjies vir Springbokke opgeroep

Deel hierdie storie / Share this story

Elton Jantjies, wat 46 toetswedstryde vir die Springbokke gespeel het, is weer vir die Springbokspan opgeroep.

SuperSport Rugby het bevestig dat Jantjies Sondag teruggevlieg het om by die span aan te sluit.

Hierdie stap is as gevolg van die huidige beseringskrisis in die Springbokspan.

Jantjies het sedert Augustus 2022 nog nie weer vir die Springbokke gespeel nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.