Bobby soek jou hulp! Watter foto kies jy?

Deel hierdie storie / Share this story

Die sanger, Bobby van Jaarsveld, soek die publiek se hulp.

Van Jaarsveld het Maandag sy ondersteuners op sy Facebook-blad gevra om hom te help kies watter foto hy vir sy nuwe liedjie moet gebruik.

Die sanger, wat vir ‘n geruimte tyd stil was, sê hy wil graag sy ondersteuners deel maak van die keuse juis omdat hy jare laas ‘n nuwe liedjie vrygestel het.