‘n Vlieënier en sy agtjarige kleinseun is op 14 Junie dood toe die vliegtuig waarin hulle gevlieg het, omstreeks 09:00 die betrokke dag geval het.
WCVB berig die ongeluk het in Watertown, Wisconson, plaasgevind.
Die kleinseun was saam met sy 73-jarige oupa na die noorde van Wisconson op pad.
Die Summit View Elementary School het volgens WCVB ‘n brief uitgestuur om families in kennis te stel van die leerling se dood.
Die vliegtuig het glo naby ‘n residensiële area geval.



