Derick Hougaard – ouers se boodskap

Deel hierdie storie / Share this story

Derick Hougaard, wat nou al langer as ‘n week in ‘n Pretoriase hospitaal in ‘n intensiewesorgeenheid veg vir sy gesondheid, se ma het namens haar en Derick se pa hul stilte verbreek.

Sy het in die vroeë oggendure gesê dat sy stem gemis word.

“Ons laaste gesprek was, ek is trots op ma, ma was bietjie te braaf,” verwysend na haar wat ‘n dief help aankeer het.

Dan sê sy onomwonde dat nie sy of haar man meer braaf is in hierdie hartseer tyd wat hulle ervaar nie.

“Ek bid vir aand dan vir oggend dat jy net wakker word.”

Wat die meeste opval, is haar woorde: “Boeta hierdie eindfluitjie het nog nie geblaas, jou woorde jy moet nog daardie wenskop van die lewe oor skop.”

“Ek & pa is so lief vir jou, baklei my kind soos net jy kan baklei.”

Nádine het reeds twee keer plasings op sosiale media gemaak. Gisteraand het sy gesê dat hy nog bitterlik siek is. Sy het ook te kenne gegee dat sy siekte longverwant is.

Sanger Chris Else het ‘n liedjie wat ook deur Riana Hougaard gedeel is vir Derick geskryf waarna aan die einde van die berig geluister kan word.

Lees die volledige plasing hier:

Derick Hougaard, boeta dis vroeg in oggend ure en ek soek jou stem ons kind. Ons seun van God af gebid. Ma het so baie op my hart en tog is die woorde so min. Here vergewe my ek verstaan nie. Boeta ek wens jy kan sien en hoor hoeveel mense omgee en vir jou bid. Soms gebeur so iets en dan besef jy hoe geliefd jy regtig is,dinge wat jy al lankal moes gehoor het toe die slae van die lewe jou wou breek. Ons laaste gesprek was,ek is trots op ma, ma was bietjie te braaf. Boeta nou is ma nie meer braaf ma & pa hou vas aan ons geloof ons hou ook mekaar vas en die trane ruk ons lywe. Ek bid vir aand dan vir oggend dat jy net wakker word. Jy het rugby gespeel met af vingers gekraakte ribbes, geskeurde ligamente. Boeta hierdie eindfluitjie het nog nie geblaas, jou woorde jy moet nog daardie wenskop van die lewe oor stop.Al klop ons harte te vinnig en loop die trane jou oorwinning gaan ons weereens op ons voete hê. Ek & pa is so lief vir jou, baklei my kind soos net jy kan baklei. Asb Vader Seun&Heilige gees drie enige God wees met Derick,U seun wat U so lief het. Maak hom gesond blaas nuwe asem in sy longe asb Heer ons smeek by U vir Derick se gesondheid. AMEN

Dankie vir elke gebed en omgee vir Derick,ons as ouers,Anneri sy sussie,Nadine. Ons waardeer dit so baie. Boeta soos Anneri sê daar moet nog baie gesels,gelag word. En nou my kind se ek nag en môre want hierdie is mos net ñ droom ñ aaklige nagmerrie nou wil ek graag slaap want more gaan ek jou bel,ma sien nie lekker en tik seker baie verkeerd,jy lag vir my,my kind want ma se oë is dof van die trane. Ek hoor jou sê ma moenie huil ek is okay. Lief lief jou boeta,sien later. Pa&Ma

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.