Boer haal plaaswerkers in nood met rubberboot

Deel hierdie storie / Share this story

Sosiale media wemel van foto’s van ‘n boer van Vredendal in die Wes-Kaap wat plaaswerkers met ‘n rubberboot gaan haal het en hulle optel en op sy skouers deur vloedwater dra.

Burre Burger het gesê sy vriend Idi Teubes verdien om “boer van die jaar” te wees.

Hy sê voorts daar is baie helde, maar Teubes het alles net gelos om die plaaswerkers in nood te kan help.

Gaan kyk jy na Teubes se Facebook-blad, is dit hierdie woorde wat opvallend is: “My vrou en kinders is my alles, glo nog steeds ek gaan eendag ‘n Springbok-rugbyspeler word.”

Burger spreek die wens uit dat die plasing 1 000 keer gedeel sal word omdat sy vriend dit verdien.

Lees die plasing deur Burger hier:

Ek hoop 1000de share hierdie, want hierdie verdien ‘n prys soos BOER VAN DIE JAAR!!! Ek weet daar is baie helde daar buite en ek eer elkeen van hulle. Maar kyk hierdie pel van my. Los alles om plaaswerkers wat in nood is met sy rubberduck te gaan haal. Ek haal my hoed af vir jou Idi Teubes. Ek is trots op jou. Koerante sal nie oor dit skryf. Maar ons sien jou Boere omgee hart raak!!! Ek wens Paarl Gimnasium sit jou op hulle ererol en dat jy sommer die Vredendaller van die jaar kry. Ek weet jy doen dit nie vir dit nie. Maar dis wat ek wens.

Foto: Burre Burger Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.