Twee broers van onderskeidelik 19 en 22 jaar oud is Dinsdagaand, 13 Junie 2023 deur vier verdagtes by die South Park-stortingsterrein geskiet en gewond.
Op 13 Junie 2022 het die twee broers met hul voertuig na die terrein gery met die doel om vullis weg te gooi. Volgens verslae het vier onbekende mans die broers aangeval, met een van die aanvallers wat op albei van hulle geskiet het.
Die verdagtes het van die toneel gevlug en die beseerde broers daar gelaat. Die twee broers het probeer om hulp te kry totdat hul pa na hulle gaan soek het. Die pa het met sy seuns na die plaaslike hospitaal gehaas waar hulle steeds mediese behandeling ontvang.
Die polisie vra enigiemand met inligting oor die aanval om na vore te kom.



