Derick Hougaard se toestand onveranderd

Deel hierdie storie / Share this story

Die Liefling van Loftus, Derick Hougaard, se toestand is na ‘n week onveranderd.

Die nuus dat Hougaard ‘n week gelede in die hospitaal opgeneem is nadat hy gaan slaap het “en nog nie weer wakker geword het nie”, het soos ‘n veldbrand versprei.

Die sangeres Nadine sê in ‘n plasing op sosiale media die eerste ses dae was hul seer groepie maar klein. “Vandag voel dit soos ‘n muur van krag om ons.”

“Derick se toestand is onveranderd en hy is steeds bitterlik siek. Ek deel dit liewer self met julle. Dis soos hy dit sou wou hê. Hy het mos altyd n los tik vinger wat alles wou deel met almal wat wou weet of nie. Want hy voel dat mense almal dieselfde is en ons ons stories moet deel.

“Ek bid elke uur vir hom. En ek vertel hom van die positiewe boodskappe en gebed van elkeen van julle en sy familie en vriende. Ek weet hy hoor my.

“Laat ons ons oë Boontoe gerig hou na Enigste Vader wat wel alles Weet, Ken en Is..”