Twaalfjarige by verjaardagpartytjie doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Jaan Fourie (12) is op 9 Junie 2023 in Westbury, Johannesburg, doodgeskiet.

Daar word beweer dat Jaan by ‘n vriend se verjaardagpartytjie sowat ‘n paar honderd meter van hul huis af was, toe verskeie geweerskote geklap het. Jaan is in die kop en rug geskiet. Nadat haar familie haar in die straat gevind het, het hulle met haar na die naaste hospitaal gehaas, maar sy is met hulle aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Jaan was ’n graad 6-leerling aan die Laerskool Newclare, en sy het daarvan gedroom om ná skool Kaapstad toe te trek en ’n sangeres te word.

Daar word beweer dat die polisiebeamptes “dronk” en “heeltemal te laat” by die misdaadtoneel opgedaag het. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

In Maart 2023 het Bheki Cele, minister van polisie, die gebied besoek ná verskeie noodlottige skietvoorvalle wat verband hou met bende-oorloë. Cele het die ontplooiing van gespesialiseerde beamptes gemagtig om misdaad te bekamp.