Teri Tait (39) is sedert 22 April 2023 in Springs in Gauteng, vermis.
Sy was laas ongeveer 11:00 by Springs-polisiestasie gesien.
Die laaste telefoniese kontak met haar was op 27 April per selfoon. Nog geen kontak kon sedertdien met haar gemaak word nie.
Tait was in ‘n blou denimbroek en seilskoene geklee. Sy het ligtebruin oë en haar hare word as oranje / blondkleurig beskryf.
Sy weeg 65 kg en is 1.64 m lank.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan met die volgende persone in kontak kom:
Sers. Tokazane van Springs-polisiestasie by 011 365 5700 of 083 495 8513 of Stop Misdaad by 08600 10111
Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



