Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap
’n Mej. SA-finalis, Levern José (23) van die Noord-Kaap, is op Twitter daarvan beskuldig dat sy ’n boelie op skool was.
@AenelisaJu het haar teleurstelling op Twitter uitgespreek dat Levern José ’n finalis is terwyl een van die meisies wat sy glo geboelie het op WhatsApp uitgepraat het oor wat sy en haar vriende gedoen het.
Verskeie ander mense het ook gesê Levern José en ’n vriend het glo ’n ander leerling aangerand.
José het nie op die aantygings reageer nie en Mej. Suid-Afrika het aan The South African gesê hulle het geen kommentaar nie.
Bronne: Cape Talk, Algoa FM, EWN
Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap



