Getroud Met Rugby-aktrise verlief en verloof

Deel hierdie storie / Share this story

Die bekende aktrise, Natasja Jacobs, is verloof.

Jacobs is bekend vir haar rol as Amanda in Getroud met Rugby.

Jacobs en Gunter Wolf het op 9 Junie verloof geraak.

Die paartjie was saam op hoërskool maar hul paaie sou eers jare later weer kruis toe Jacobs eenkeer op Fcaebook gevra het waar sy en haar seuntjie, Nathan (9), kan gaan vakansie hou.

Wolf het vir haar ‘n privaat boodskap gestuur met ‘n voorstel en dis hier waar die twee weer begin praat het.

Die paartjie het mekaar verlede jaar die eerste keer weer gesien toe hulle saam na ‘n mark gegaan het.

Na 10 maande saam beplan hierdie paartjie nou aan hul groot dag.