Mustadafin Foundation Centre, geleë in Dassenbergpad, Tafelsig, Mitchell’s Plain in die Wes-Kaap, is Dinsdag 13 Junie 2023 beroof.
AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê twee onbekende gewapende verdagtes het ‘n klaskamer binnegegaan en waardevolle items geëis. Onderwysers en leerders was ten tyde van die voorval in die klas.
Die verdagtes het daarna in ‘n silwer Toyota Etios met onbekende registrasienommer gevlug.
‘n Roofsaak word ondersoek.
Geen inhegtenisnemings is tot op hede uitgevoer nie.
Enigiemand met inligting kan speur.sers. Clinton Links by 079 894 1511 kontak.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



