‘n Vrou (74) en haar man (76) is Maandag 5 Junie 2023 omstreeks 22:00 in hul huis in Ladybrand in die Vrystaat, aangeval.
AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê volgens die bejaarde vrou het sy en haar man die betrokke aand gesit en televisie kyk.
Hulle het glo ‘n harde slag gehoor van ‘n vensterruit wat breek. Na bewering het ‘n onbekende verdagte die huis deur die venster binnegekom en met die bejaarde man in ‘n geveg betrokke geraak. Die bejaarde man is tydens die struweling met ‘n mes gesteek en het oorgegee. Die verdagte het hom deursoek en sy selfoon gevat.
Die bejaarde vrou het onmiddellik die insident aan die polisie rapporteer en haar man na die plaaslike hospitaal geneem waar hy mediese versorging ontvang en later ontslaan is.
‘n Saak van huisroof word ondersoek.
Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die verdagte kan lei kan met die Ladybrand-polisiestasie kontak maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



