Bejaarde man tydens kapingspoging doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bejaarde man is Donderdagaand net na 21:00 dood toe ‘n skietvoorval in die Tierpoort-area in Pretoria plaasgevind het.

Volgens Emer-G-Med het paramedici met hul aankoms op die toneel ‘n bejaarde man met verskeie skietwonde aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar.

‘n Tweede man is ook met skietwonde weggeneem.

Die mans is na bewering deur gewapende verdagtes tydens ‘n kapingspoging geskiet.