Lees ook: Bill Cosby weer gedagvaar vir beweerde seksuele aanranding
Drie verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem vir die besit van dwelms, besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Die eerste verdagte is by ’n huis in Nyanga in hegtenis geneem vir dwelmhandel na die polisie glo geld en dwelms in sy besit gekry het.
Die tweede verdagte is by ’n huis in Samora Machel in hegtenis geneem vir die beweerde besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen, ammunisie en Mandrax-tablette.
Die derde verdagte is by sy spazawinkel in hegtenis geneem na die polisie glo ’n vuurwapen en ammunisie tydens ’n soektog gekry het .
Die drie sal binnekort hulle verskyning in die Athlone- en Simonstad-landdroshowe maak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Bill Cosby weer gedagvaar vir beweerde seksuele aanranding



