Bill Cosby weer gedagvaar vir beweerde seksuele aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap

Die Amerikaanse akteur Bill Cosby word in Nevada, VSA, deur nege vrouens gedagvaar vir seksuele aanranding.

Die vrouens het gesê Cosby het sy “roem en mag” gebruik om hulle te isoleer en seksueel aan te rand.

Cosby is in 2018 skuldig bevind op ’n kriminele klag van seksuele aanranding in Pennsilvanië en was drie jaar in die tronk toe die hooggeregshof daar hom vrygespreek het.

Meer as 60 vrouens het openbare verklarings gemaak waarin hulle Cosby beskuldig van seksuele misdrywe, maar Cosby het alle aanklagtes teen hom ontken.

Bronne: IOL, NY Times, CNN, Rolling Stone

Lees ook: Nog ’n koue front verwag vir Wes-Kaap