Riana Diedericks, ‘n wiskunde-onderwyseres, sedert 2008 verbonde aan Hoërskool Montana in Pretoria, is oorlede.
Sy was volgens die skool se plasing ‘n paar jaar siek.
In kommentaar kan gesien word dat sy uiters geliefd was.
Sy laat haar man en seun agter.
Haar roudiens vind Donderdag, 15 Junie om 14:00 by die Ewige Lig Kerk in Tibouchiastraat in Montana Park, plaas.
Lees die skool se plasing hier:
Dit is met groot hartseer wat ons die afsterwe van me. Riana Diedericks met u deel. Riana was ’n uitstekende Wiskunde-onderwyseres wat sedert 2008 by Hoërskool Montana werksaam was. Sy was ’n besondere mens wat ander geïnspireer het met haar dapperheid en sterk geloof, veral gedurende die afgelope paar jaar met haar siekte. Die Monties se harte is baie seer en ons dra haar man en seuntjie, haar ouers, familie en vriende op aan ons Hemelse Vader. Riana laat diep spore in baie harte agter en ons eer haar nagedagtenis. Ons sal haar altyd onthou.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



