Skoolseun (17) sterf -1ste rugbyspan in rou

Deel hierdie storie / Share this story

Loyiso Fihla (17) van Hoërskool Klerksdorp het met sy rugbytokse aan en sy rugbybal by hom op die rugbyveld gesterf.

Hoërskool Klerksdorp het die jong seun se dood op hul Facebook-blad aangekondig.

Fihla was ‘n 1ste rugbyspan-speler vir sy skool, maar was veelsydig en het ook aan atletiek en krieket deelgeneem. Volgens die skool was hy hierdie jaar tot ‘n akademiese span verkies.

Laerskool Stilfontein het ook sy afsterwe aangekondig. Fihla was ‘n leerling van die laerskool en sy liggaam is juis op hul rugbyveld, waar hy gewoonlik geoefen het, leweloos gevind.

Hy het nie na sy oefening teruggekeer huis toe nie en met ‘n soektog is sy liggaam gevind. Die oorsaak van sy dood is onbekend.

Die eerste rugbyspan het ‘n spesiale video vir hul vriend en spanmaat gemaak:

https://web.facebook.com/100012207792394/videos/997530554938860/

Sy leë plek in die eksamenlokaal is pertinent in plasings deur mede-leerlinge genoem.

Die DA in Matlosana het ook medelye uitgespreek.

Lees Hoërskool Klerksdorp se plasing hier:

KHS bring graag hulde aan Loyiso Fihla.

Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Loyiso. Hy was ‘n hardwerkende, puik sportman met ‘n vriendelike en innemende geaardheid gewees. Hy het uitgedraf vir die eerste rugbyspan, was ‘n puik naelloper, krieketspeler en is vanjaar verkies tot die Luiperds Akademiespan. Hy het graag by sy ou laerskool, naby sy huis, op sy eie rugby geoefen. Dit is hier waar hy gevind is met sy toks en rugbybal by hom.

Lees die DA in Matlosana se plasing hier:

DA in Matlosana extends condolences to the Fihla family on the untimely death of their son, Loyiso

by Cllr Portia Burrel

The DA in the City of Matlosana extends our heartfelt condolences to the family and friends of Loyiso Fihla, aged 17, on his untimely death.

Loyiso’s body was discovered on the Stilfontein Primary School grounds after a search by the family, community members, and the police after his mother, Bongiwe Fihla, grew worried when he did to return home from the gym at the usual hour.

Paramedics were called to the scene, but Loyiso was declared deceased. The cause of death is still under investigation.

Loyiso was a very talented young rugby player with great potential. Stilfontein Primary School principal, Mr Adriaan Grove, described Loyiso as dedicated, hardworking, and a great sports achiever. He enjoyed practicing rugby on his own at his old primary school, near his home.

Loyiso’s rugby team at Klerksdorp High School will surely feel his loss when they run out on the field for their next match. His teammates described Loyiso as hardworking, a great sportsman with a friendly and endearing nature. He played for the first rugby team, was a great sprinter, cricket player, and this year he was elected to the Leopards Academy Team.

Loyiso will surely be missed. A soul has gone too soon. We pray that the Fihla family, friends and fellow learners at Klerksdorp High School find comfort during this difficult time of bereavement.

Foto: Hoërskool Klerksdorp

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.