Khalitso Edwin Makhetha, ‘n universiteitdosent van Welkom, is Vrydag, 5 Mei, laas deur sy broer in Calabria in Meloding, waar hulle in die Vrystaat saam woon, gesien.
Sy vrou wat in Johannesburg woon het ook nog nie weer van hom gehoor of gesien nie.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê Makhetha is saam met sy voertuig, ‘n swart Ford Fiesta, as vermis aangemeld.
Nadat hy as vermis aangemeld is, is ‘n intensiewe soektog in SA en Lesotho geloods.
Op 10 Junie 2023 het het lede van provinsiale Serious and Violent Crime, bygestaan deur Lesotho Mounted Unit die twee verdagtes met die vermiste man se voertuig vasgetrek. Hulle word aangehou terwyl hulle ‘n uitleweringsproses afwag.
‘n Intelligensie gedrewe operasie het plaasgevind wat tot die inhegtenisneming van drie verdagtes in afsonderlik ‘n hostel in Thabong en in Bronville gelei. Een van die verdagtes is ‘n verbode immigrant sonder wettige dokumente. Mohali Albert Lekesi (37), Mosebi Mahajane (43) en Yonela Somacala word aangehou is vir die dosent se kaping en ontvoering het op 13 Junie in die Virginia-landdroshof verskyn waarna die saak tot 20 Junie uitgestel is vir die aanhoor van ‘n borgaansoek.
Voorlopige ondersoek dui aan dat die dosent na bewering gekaap, ontvoer en sy voertuig aan die twee verdagtes verkoop is.
Die vermiste persoon is nog nie gevind nie en die ondersoek duur voort.
Lede wat met ondersoek inhegtenisnemings bewerkstellig het is geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



