‘n Vrou se liggaam is op 27 Mei 2023 ongeveer 07:30 deur vissersmanne op Macassar-strand in die Wes-Kaap gevind.
Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die polisie het eers ‘n geregtelike doodsondersoek geopen, maar daar is deur die lykskouing bevind dat sy verkrag, vermoor en haar liggaam op die strand gegooi is.
Deur forensiese ondersoek en voldoende bewyse kon ‘n 41-jarige verdagte met die uitreiking van ‘n lasbrief op 12 Junie 2023 in hegtenis geneem word.
Hy sal na verwagting Donderdag 15 Junie 2023 in die Somerset-Wes-landdroshof verskyn.
Maj.genl. Bongani Maqashalala, die waarnemende provinsiale kommissaris van die Wes-Kaap, het die ondersoekwerk geprys.
“This breakthrough will also bring some sort of comfort and closure to the bereaved family and loved ones of the deceased”, het Maqashalala gesê.
Maqashala het herhaal dat verhoogde hoëdigtheidspatrollies in die Macassar-polisiëringsgebied gehandhaaf sal word nadat daar onlangs altesaam vier liggame ontdek is.
Gespesialiseerde provinsiale speurders is aangewys om die plaaslike speurtak te help om die voorvalle te ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



