Man doodgeskiet langs pad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man, vermoedelik in sy middeljare, se liggaam is Maandag 12 Junie 2023 omstreeks 20:00 langs die R579 langs Phoroane-woonbuurt, buite Sekhukhune, Masemola, Limpopo, gevind.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê ‘n soektog is na die skuldiges geloods.

Die gemeenskap het die polisie van die liggaam verwittig. Voorlopige ondersoek het skietwonde aan die onbekende oorledene se kop en maag aangedui.

Hy was in ‘n swart hoodie met die woord “Rellium” op die agterkant, kakiekleurige broek, swart skoene en ‘n gestreepte hemp, geklee.

‘n Moordsaak waarvan die motief onbekend is, is geregistreer.

Geen inhegtenisnemings is gemaak nie, maar die ondersoek duur voort.

Die polisie versoek die publiek om met inligting na vore te kom om die oorledene te identifiseer.

Kapt. Matipa Mokonyama kan by 082 040 3242 gekontak word.

Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 of die MySAPS-toepassing vir die gee van inligting gebruik word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.