Beskuldigde vir besit van platinum gevonnis

Deel hierdie storie / Share this story

Andrew Phato (52) is op 13 Junie 2023 drie jaar effektiewe tronkstraf in die Thlabane-landdroshof vir die besit van platinum gevonnis.

Lt.kol. Tinyiko Mathebula, woordvoerder vir die Valke in Noordwes, sê die beskuldigde is op 26 Oktober 2020 deur die Valke in hegtenis geneem waar hy deur lede van Bidvest Protea Coin gesien is toe hy platinum oplaai.

Toe hy besef dat hy gesien is, het hy die sakke met platinum-materiaal agtergelaat en te voet gevlug. Hy is agtenagesit en aangekeer.

Hy het in Tlhabane-landdroshof verskyn waar hy deur ‘n klag van die besit van platinum in die gesig gestaar is.

Phato het nog ‘n paar keer in die hof verskyn totdat hy tot ses jaar direkte tronkstraf gevonnis is, waarvan die helfte vir vyf jaar opgeskort is. Hy sal dus slegs drie jaar effektiewe tronkstraf uitdien.

Maj.genl. Patrick Mbotho, die provinsiale hoof vir die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade, het die ondersoekbeampte en aanklaer wat met die saak gewerk het, geprys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.