Twee inwoners spring beserings vry toe brand uitbreek

Deel hierdie storie / Share this story

Twee inwoners van ‘n landgoed in Ballito het lig daarvan afgekom toe ‘n brand Maandag by ‘n huis uitgebreek het.

IPSS Medical Rescue was Maandag op die toneel waar ‘n brand na bewering deur ‘n elektriese toestel veroorsaak is.

‘n Buurman wat vinnig gedink het, het die brand geblus. Die brandweer het die toneel as veilig verklaar.

Twee inwoners is vir rookinaseming behandel en het nie verdere behandeling by ‘n hospitaal nodig gehad nie.