Verskeie passsiers was vanoggend omstreeks 06:10 vasgekeer en beseer toe die bakkie waarin hulle gereis het op die N3 noordelike rigting tussen Tweedie en Lions River in KwaZulu-Natal, omgeslaan het.
Midlands EMS Howick-ambulansdienste is na die toneel ontbied.
Met aankoms is gevind dat die bakkie wat verskeie passasiers vervoer het verskeie kere oor die N3 gerol het. Passasiers het in die proses uitgeval.
Drie persone was onder die bakkie vasgekeer. Twee is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Verder is een persoon kritiek beseer en nog vier het matige beserings opgedoen.
Gevorderde lewensondersteunende paramedici het saam met reddingstegnici gewerk om die beseerdes wat onder die bakkie vasgekeer was, met gespesialiseerde toerusting uit te haal.
Alle beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na verskeie hospitale vir verdere mediese hulp geneem is.
Owerhede wat die ongeluk ondersoek, was op die toneel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



